Wat benodig ek vir Dubbel Battery Stelsel?

Vraag:
More Piet, ek wil self my dual battery system installer, behalwe vir
battery,kabels,lugs,fuses ens het ek net die solid state switch nodig, is dit reg?

Antwoord:
Hallo Jack
Dit kan korrek wees ja;
Die solid state switch ontkoppel jou hoof en 2de battery van mekaar wanneer jy voertuig afskakel ten einde te verhoed dat jou 2de battery jou hoof battery ook pap trek.

Dit gaan egter afhang waar jou 2de battery sit en hoe dik jou kabels is. Indien jou 2de battery voor in enjinkompartement sit met dik kabels gaan jou solid state al wees wat jy benodig.

Indien jou 2de battery agter in die voertuig sit gaan jy ‘n voltage drop oor jou kabel kry en die volts wat jy agter gaan kry
gaan te min wees om jou deep cycle battery behoorlik te laai.

Daarvoor gaan jy dan of dik sweiskabels moet deurtrek na agter of jy moet die dc to dc laaier insit.

Die dc to dc laaier vat die “te min” volts en hy verhoog dit na 14.3 volts sodat jou battery behoorlik laai.

Dit is basies dieselfde as ‘n step up transformer.
Indien jy ‘n dc to dc laaier insit het jy nie die solid state switch nodig nie omdat die dc to dc laaier dieselfde funksie vervul, hy ontkoppel ook die 2de battery van hoof battery wanneer die 2de battery se volts te laag val.

Hoop dit maak sin
Groete
Pieter

About

4x4Direct South Africa