Wheel spacer balanseer probleem

Vraag:

Naandse.
Hoop dit gaan goed.

Wil net bietjie raad vra oor die wheel spacers vir die Toyota Hilux. Ek het 2 stelle by julle ge kry en een op my Hilux en ander op n klient se Hilux ge fit. Ons altwee sukkel na die tyd met balanseering. Ons het nog die srandaard 17″ toyota wiele op.

Is daar dalk raad wat julle kan gee om die klein maar irriterende probleempie uit te sorteer.

Groete
Jaco

Antwoord:

Hallo Jaco
Daar kan ‘n paar dinge wees wat ‘n rol kan speel:
1. Toe hulle die spacer opgesit het, het hulle nie die voertuig se hub/drom mooi skoongemaak nie. Daar sit dus vuilgoed tuussen die hub of drom wat maak dat die spacer nie mooi seat op die hub of drom nie.
2. Die spacer was dalk laat val tussen die vervoer of aansit tyd. As hy val maak hy ‘n indentasie aan die agterkant wat maak dat hy nie mooi seat op die hub of drom nie.
3. Die manne by die bandeplek is gewoonlik die groot probleem. Hulle sit die spacer op en vat hulle impact wrench en maak die eerste nut goed vas, dan die tweede en derde ens.. Die spacer is van aluminium wat sagter as ‘n gewone rim is.
Mens moet dus al ses nuts eers net liggies teenaan vasmaak en dan moet jy die nuts oorkruis begin vastrek, anders trek hy skeef vas.
4. Die laaste moonltikheid is dat die wiel dalk reeds ‘n balanseer probleem gehad het en die spacer vergroot die probleem (maginfy) dit agv die hefboomkrag.

Die volgende stap is haal al vier spacers af. Maak seker die agterkant van die spacer is skoon en glad, daar moet geen vuiligheid tussen die spacer en die hub/drom wees nie en die vlak van die spacer moet plat wees, geen indentasies of hobbels nie.
Sit hulle terug en maak al ses nuts eers met die hand vas en dan torque jy eers al ses nuts oorkruis 20nm en dan 80 nm.

Indien daar dan nog ‘n vibrasie is, is daar fout, maar in die 3 jaar wat ek die spacers al verkoop het ek nog net 2 gekry waar die probleem die spacers was en nie een van bogenoemde faktore nie.

Hou my asb op hoogte, ek sal graag wil hoor of julle reggekom het.
Onthou, vuilgoed wat 1mm dik is maak ‘n 3mm verskil op die rand van jou wiel.

Groete
Pieter

About

4x4Direct South Africa